Die Junie/Julie skoolvakansie is ‘n tydperk wat Ligstad tradisioneel ‘n kort winterrus ingaan. Dit is die tyd wat ons die personeel en vrywilligers kans gee om die batterye te gaan herlaai vir die laaste deel van die jaar. Die gevolg is dat baie van ons aandag en fokus op die afhandeling van programme en die tref van reëlings was voordat ons gaan rus het. Hierdie is dus ‘n kort nuusbrief wat meer fokus op die deel van ‘n paar gedagtes oor die eise van ouerskap en die invloed van ouers se besige programme op die lewens van ons kinders. Deel gerus die uitgawe ver en wyd sodat ons saam ‘n bewustheid kan kweek oor sorgsame ouerskap wat oor generasies strek. Kinders versorg later in hulle lewens hulle ouers en die mate van sorgsaamheid wat die kind van die ouer beleef het, word teruggegee aan die ouer wanneer hy/sy van hulp en ondersteuning afhanklik is. Dit is nooit te laat om aanpassings te maak in die manier hoe ons mekaar hanteer nie.
Ligstadgroete
Alida Jooste –Maatskaplike Werker/Gemeenskapsorgbestuurder & Redakteur
