Gemeenskapsorgnuus

Ons was bedrywig in die gemeenskap die afgelope maand.  Ek het die voorreg gehad om die gewilde ouerleidingwerkswinkel vir ‘n klompie ouers aan te bied. Verder het ons GiG seniors gereed gemaak om die jaarlikse uitreik items gereed te kry om te deel met ander seniors in ‘n gemeenskap.  Die jaar het die seniors van Motwha Haven Dreamview in Rewlatch  die gebreide items en ander bederfies ontvang. Dankie aan elke senior wat hard gewerk het en van hulself gegee het om iemand anders se lewe makliker te maak. Buiten vir die uitreik het die GiG groep ook twee keer kom kuier by Ligstad. Ons het 25 Junie as Ligstadspan deelgeneem aan die jaarliske Street Store.  Dit was ‘n voorreg om bykans eenduisend sewehonderd gemeenskapslede  en honderd en vyftig vrywilligers by Ligstad te verwelkom en om sy aan sy met almal te werk.  Ons maak volgende jaar DV weer so. Ons het ook Saterdag 1 Junie gaan kuier by die basaar van Alberton-Wes waar  ‘n klomp kinderhartjies bly gemaak is met ‘n geverfde gesiggie.  Dankie aan almal wat daarmee gehelp het. Buiten die groepsuitreike het nege en twintig terapiesessies plaasgevind waar daar saam met individue gewerk word om trauma te verwerk, lewensvaardighede oor te dra en om die lewe makliker in die oë te kyk.

Alida Jooste – Maatskaplike Werker/Bestuurder Gemeenskapsorg

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top
Review Your Cart
0
Add Coupon Code
Subtotal