“Street Shower” by Ligstad 2024

Alberton-Noord het aan die breeër gemeenskap van Alberton gewys wat die kern van vriendskap en gemeenskapsgees is toe hulle gewys het wat bereik kan word as ons verenig rondom ‘n doel. Saterdag 5 Oktober het vrywilligers van verskeie organisasies (o.a. Ligstad, LOTS –Life on the Streets, Addicts Voice, Sole 2 Sole, Street Shower en Rooftop Encounter Ministries) bymekaar gekom en die Street Shower geleentheid aan te bied. Meer as driehonderd individue het dienste soos haarsny, naelversorging, voetwas, mediese ondersoeke, storte en verskaffing van klere en kos ontvang. Dit was ‘n geestelike opbouende ervaring vol mense wat doen wat God vra sonder om enigiets terug te verwag wetend dat hulle besig is om hulle Koning trots te maak. Die teenwoordigheid van die Heilige Gees was tasbaar regdeur die dag. Die geleentheid het seepglad verloop met elke stasie wat ten volle bewus was van hulle rol in die sukses van die dag. Die vrywillgers het as instrumente in God se hand opgetree toe hulle die roeping om ander te dien, mekaar lief te hê en vir mekaar te  bid gehoorsaam uitgegvoer het. Matteus 25:40 sê: “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’”

Daniel Viljoen – Ligstad Hoof uitvoernende beampte

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top
Review Your Cart
0
Add Coupon Code
Subtotal