Die Ligstad Voorskool het onlangs die Monte Casino voëlpark besoek. Die kleingoed het van naby die mooiste voëls, slange, apies, lemurs en ‘n klomp ander diere gesien. Wanneer mens na die pragtige skepsels kyk, kan mens nie anders as om God te loof vir Sy wysheid en wonders nie. Die eeu oue argument oor God se bestaan kom in mens se gedagtes op: Bestaan God werklik en het Hy werklik alles geskep? Vir ‘n Christen is dit nie moeilik om God se hand in alles om ons te sien nie. In enige vertrek waar ons mag wees bind ons verskillende items rondom jou. Van rekenaars tot selfone, tafels en stoele. Nie een van daardie items of die vertrek waarin jou jouself bevind, sou bestaan het as iemand dit nie geskep het nie. Ons liggame en wat dit kan doen is bo ons begrip. Die meeste dinge wat ons liggame doen hoef ons nie eers oor te dink nie. Ons asemhaling, die regulering van ons bbloedsuikervlakke of die pomp van die bloed deur ons are. Dit alles en meer is deur die Meester ontwerp. Hy het ons geskep en al die wonderlike diere waarvoor ons verantwoordelikheid moet neem. Om te glo dat alles van niks af gekom het, maak nie vir ons as gelowes sin nie. God het alles geskep, maar wat ons dikwels vergeet, is dat toe God die heelal geskep het Hy al aan jou en my gedink het. Hy het besluit dat die heelal nie volledig sou wees sonder jou en my daarin nie. Alle eer dus aan God.

Daniel Viljoen – Ligstad Operasionele Bestuurder
