Ons vertrou op God

Hierdie jaar het vinnig begin. Ons naskoolkinders het hard gewerk om hulle huiswerk te voltooi en die seniors is reeds besig om toetse te skryf. Oor ‘n maand geniet hulle ‘n welverdiende blaaskans as die skoolvakansie begin. Ons vertrou dit gaan so wees.  Onlangs het ons gesels oor die vertroue wat ons in God  stel, terwyl mense ons vertroue moet verdien. Ons is daaraan herrinner dat God nodig het om homself aan enige iemand te te bewys nie. Hy het die aarde en vir Adam en Eva geskep, die Rooisee verdeel en die vis beveel om vir Jona in te sluk en hom veilig te hou.  Dit is duidelik dat alles vir God moontlik is en dat ons geen rede het om Hom te toets nie. Ons het ontdek dat wanneer ons op God vertrou om in ons behoeftes te voorsien, ons dit kan doen met ‘n houding van dankbaarheid asof Hy klaar daarin voorsien het. God bestaan en ons persoonlike getuienisse speel ‘n belangrike rol in die opbou van God se Koninkryk hier op aarde. As God al vir jou met iets geseën het, vertel dit vir die wêreld. Skree dit vanaf die bergtoppe as jy moet, maar moet nooit God se grootheiden genade geheim hou nie.

Daniel Viljoen – Ligstad Operasionele- en naskoolbestuurder

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top
Review Your Cart
0
Add Coupon Code
Subtotal