Op 14 September 2024, het agtien van Ligstad se naskoolkinders Festival Mall in Kemptonpark se yskaatsbaan besoek. ‘n Eerste blik op die yskaatsbaan is met vreugde en opgewondenheid begroet. Vinnig is die gewone skoene vri ysskaatse verruil en dit was tyd om opdie ys te kom. Maar toe tref die realiteit hulle. Daar is geval na links en regs terwyl hulle voete oral rondgegly het. Desperate kinders het verbete geklou aan die muur van die skaatssbaan. Ek het onmiddellik gedink date k ‘n groot fout gemaak het om hulle hierheen te bring. Skrikwekkende gedagtes het deur my kop geflits. Wat as hulle niks hieran jou nie en sommer dadelik wil huis toe gaan? Wat as een van hulle ernstig beseer word? Die uitstappie het my egter aan ‘n paar waarhede herrinner. Toe die meer ervare kinders die Ligstad kinders sien sukkel, het hulle dadelik hulle hulp aangebied. Aanvanklik hete baie van die Ligstad kinders die hulp van die hand gewys, maar vinnig van plan verander. Ten spyte van die Ligstad kinders se gebrek aan ervaring op die ysskaatsbaan het hulle nie opgegee nie. Hulle het aanhou beweeg op die ys (selfs al het hulle aan die muur vasgeklou). Baie van die kinders het in ‘n kort tydjie baie verbeter en groot pret gehad omdat hulle aanhou probeer het. Die les: Enigiets nuuts in ons lewens kan oorweldigend en vreesaanjaend wees. Ons vind dit dalk moeilik om regop op ons voete te bly. Daar is egter waarde daarin om dit ‘n kans te gee, tot God te bid vir Sy hulp en dan deur te druk. Onthou dat die lokomotief baie krag benodig wanneer dit wegtrek. Dit is egter nie dieselfde hoeveelheid krag wat hy nodig het vir die res van die reis nie. Sodra die trein teen ‘n goeie pas aan die beweeg is, is minderenergie nodig om dit aan die beweeg te hou. Dit is dieselfde met enige nuwe avuntuur wat ons aanpak. Ken God in elke nuwe aksie. Bid vir Sy wysheid en leiding. Bly bewus van Hom in die slegte tye en moenie vergeet om Hom te dank in die goeie tye nie.

Daniel Viljoen – Ligstad Operations Manager
