In die gemeenskap is daar die maand vier programme aan die gang:
- Die GiG bejaardes het 2 Februarie hulle eerste byeenkoms gehad en hulle is bedien deur Jackie Farrell wat vir ons kom kuier het. Baie dankie Jackie vir jou spesiale boodskap. Die GiG lede is ook besig om voor te berei vir die Tutela dag in Maart waar hulle met hule jaar se handewerk gaan spog.
- Ek is besig met ‘n “Peer Community CoCare” program in venootskap met LifeSpheres vir ‘n groep van twintig Maatskaplike Werkers en Maatskaplike Hulperkers by Amcare. Die werkswinkel deel van die program is byna klaar en ons sal binnekort met die “CoCare” sessies begin waar elkeen van hulle die geleentheid sal kry om in ’n veilige verhouding na hulle trauma te kyk sodat hulle meer effektief hulle kliënte kan bedien.
- Ek bied 10 Februarie hier by Ligstad die kwartaal se ouerleidingwerskwinkel aan.
- Ons vennote, Addicts Voice, het begin met hulle rehabilitasieprogram wat Dinsdagoggende hier by Ligstad aangebied word. Hulle is steeds besig om ander afhanklikes wat op straat leef op Donderdagoggende met voedsel en die Woord te bedien



Alida Jooste – Maatskaplike Werker/Bestuurder Gemeenskapsorg
