Gemeenskapsorgnuus

Vanaf 19 Januarie tot 29 April 2024 het ek die “Peer Community CoCare Program” in samewerking met LifeSpheres aangebied. Hierdie innoverende en unieke gemeenskapsprogram vir alle mense transformeer lewens deurdat dit verligting bring en mense vrymaak van die verlede. Dit voorsien meer krag om die hede te omhels. Deelnemers aan hierdie program verkry die vermoë om aan te beweeg, die toekoms in, gereed vir die uitdagings wat die toekoms bied. As gekwalifiseerde fasiliteerder van Lifespheres kon ek die program hier in ons gemeenskap aanbied. Ons het begin met ‘n veertig ure werkswinkel waarna die sewentien deelnemers (almal personeellede van Amcare hier in Alberton) aangegaan het en hulle “CoCare” sessies. Hulle het die geleentheid gehad om aspekte van hulle verlede te hanteer en en kon moeilike huidige situasies in die oë kyk. Met elke sessie wat verby is het hulle meer verlig en vryer begin leef soos wat hulle kon klaarmaak met die emosionele bagasie wat hulle met hulself rondgedra het. Tydens ons feesvier byeenkoms op 29 April het elkeen getuig van veranderde lewens, meer energie, nuwe vaardighede, beter selfkennis en, bo alles, die feit dat hulle nou uitstekende luisteraars is. Ten minste een potensiele programfasiliteerder kon aan Diana Canant (die stigter van LifeSpheres) voorgestel word om DV as programfasiliteerder opgelei te word. Dit is so ‘n voorreg om die getuie te wees van mense se lewens wat verander en om die veerkragtigheid van die mens in werking te sien. Indien ons die nodige befondsing kan bekom wil ek graag die program aanbied in soveel moontlik gemeenskappe. Baie geluk aan elke deelnemer wat die reis voltooi het. Dit was moeilike werk, maar julle het die teëspoed van julle verlede oorkom en julle is beter toegerus om die uitdagings van die toekoms te hanteer. Die beste ding is dat julle nou julle kliënte kan bedien deur oop te wees.  So word hulle ook die geleentheid gebied om die beste weergawes van hulself te wees.

Ons GiG seniors is bederf met heerlike paaseiers deur die Alberton Lions klub geskenk.  Baie dankie, Penny.

Alida Jooste – Maatskaplike Werker/Bestuurder Gemeenskapsorg

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top
Review Your Cart
0
Add Coupon Code
Subtotal