Ons is ongelooflik trots op ons seniors van die GiG groep. Hulle het Ligstad op 14 Maart 2024 verteenwoordig by die jaarlikse Tutela Intergroepdag wat by NG Kerk Brackenhurst aangebied is.
Hulle het die volgende pryse ontvang:
Braam Jooste 1 spesiale prys, 4 eerste pryse en 5 tweede pryse
Johanna Jooste 1 spesiale prys, 4 eerste pryse en 1 tweede prys
Jenny Keefer 1 spesiale prys
Ria le Roux 4 spesiale pryse, 4 eerste pryse en 1 tweede prys
Van ons ander GiG lede het hulle items deur ander groepe ingeskryf waarvan hulle ook lede is en het net so goed gedoen. Ons is so trots op julle. Baie geluk.

Hulle is ‘n inspirasie vir ons almal. Ons eer julle.
Alida Jooste – Maatskaplike Werker/Bestuurder Gemeenskapsorg
