Naskool seniors se kamp 2024

Vrydag 12 April het die Ligstad se senior naskoolkinders ‘n besige naweek begin. Dit was weer kamptyd. Ons het die naweek afgeskop met ‘n baie interessante video oor die verskille tussen die evolusieteorie en ons bergip dat Gad die hemel en die aarde geskep het. Ons het geleer dat die evolusieteorie (om van een dier na ‘n volgende te ontwikkel) ‘n teorie is wat nie bewys kan word nie. Dié wat daarin glo het ook baie geloof nodig. Ons het geleer dat net omdat sekere “slim” mense ons probeer oortuig dat God nie bestaan nie en dat sekere dinge mijoene, biljoene en triljoene jaar gelede gebeur het nie  beteken dat dit waar is nie. Ons glo in God omdat ons ‘n persoonlike verhouding met Hom het. Ons voel hom en beleef Sy teenwoordigheid in ons lewe. Ons kan getuig oor God se bestaan, want ons het bewyse. Almal het Vrydagaand baie pret gehad. Ons het speletjies gespeel, gelag en gebraai. Die volgende oggend het ons muffins gehad vir ontbyt. ‘n Interessante Bybelstudie is aandgebied deur Alida Jooste. Oud en jonk het toe gaan ontspan by die Huddle Golf en Ontspanningspark, waarna ons ‘n potjie minigolf gespeel het. Ons het ons hamburger en skyfies maaltyd verorber en ‘n heerlike “slush puppy” gedrink voordat ons na die Johannesburgse dieretuin is waar ons van God se wonderlike skepsels kon bewonder. Ons het altesaam drie en twintinduisend treë geloop Saterdag.  Daar was ‘n klomp moeë bene en voete. Baie dankie aan Alida Jooste, Jeanne-lee Fleuriot en Daniel Viljoen wat die naweek saam met ons spandeer het. Ons waardeer julle baie. Ons wil ook baie dankie sê aan almal by Doxa Deo Meyersdal dat julle weer julle harte en perseel vir ons oopgemaak het. Dankie an elke ouer wat toestemming gegee het dat hulle kinders die geleentheid kon bywoon en alle dank en eer aan ons Skepper wat ons beskerm het elkeen van die drie en twintigduisend treë.

Daniel Viljoen – Ligstad Operasionele Bestuurder

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top
Review Your Cart
0
Add Coupon Code
Subtotal