Liewe Ligstadvriend

Die lewe is iets waaroor mens baie filosofies kan raak. Ons almal leef. Ons almal deel ons lewens met ander. Ons lewensomstandighede lyk almal anders. Verder het ons verskillende lewensuitkyke. Ons lewensuitkyke bepaal die keuses wat ons maak en op dié se beurt beinvloed dit weer ons lewensomstandighede, die lewens wat ons met ander deel en ons eie lewens. Ek wil nou nie te slim word vir myself nie, maar ek sien gevaar en geleentheid in die sirkel wat hier bo genoem is. As ons egter Christus in die middel van die siklus plaas gee dit ‘n baie veiliger plek van waar ons die lewe kan leef. In hierdie maand se nuusbrief deel ons die stories van die lewens waarvan ons ‘n getuie is. Ons vertel van uitbundige vreugde wanneer ons nuwe ervarings vir die kinders in ons sorg skep.  Ons vertel van mense wat, deur ‘n program wat ons aangebied het, kon uitklim uit ‘n maalkolk van negatiwiteit waarin hulle gevange gehou was. Ons vertel van diensorganisasies wat kies om hulle lewens met ons te deel. Die goue draad deur elke lewensverhaal wat ingeweef is in die nuus wat ons die maand deel is God se betrokkenheid in individue, groepe, en gemeenskappe se lewens. Hy is en bly en sal altyd in beheer wees daar waar ons kies om Hom sentraal te plaas.  Lekker lees.

Ligstadgroete

Alida Jooste –Maatskaplike Werker/Gemeenskapsorgbestuurder & Redakteur

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top
Review Your Cart
0
Add Coupon Code
Subtotal