Gemeenskapsorgnuus

In die gemeenskap is die volgende  aan die gang:

  • Buiten vir die tweeweeklikse byeenkomste, is die seniors ook hard aan die werk aan hulle spogitems vir die Tutela intergroepdag 13 Maart plaasvind.
  • Ek is steeds besig met ‘n “Peer Community CoCare” program in venootskap met LifeSpheres vir ‘n groep van 17 Maatskaplike Werkers en Maatskaplike Hulpwerkers by Amcare.  Hulle is tans besig met hulle “CoCare” sessies en bedien mekaar om van die trauma wat hulle vashou ontslae te raak. Hulle het die program Bokamoso Our Future benoem.
  • Ons begin opgewonde raak oor die StreetStore wat in Mei gaan plaasvind
  • Alberton-Oos se NG gemeentes bied Vrydag 5 April ‘n funksie in ons pragtige geboue aan met Matthys Roets as die kunstenaar.  Kom ondersteun hulle gerus.

Ek het as maatskaplike werker in diens van Tutela (een van ons vennote) bedank ten einde saam met my werk by Ligstad ‘n privaat maatskaplike werk praktyk te open en het 1 Maart privaat begin werk.  My kantoor is hier by Ligstad waar ek die Ligstad kliënte sowel as my privaatkliënte gaan bedien.  Tans is ek besig om al die bemarkingsmateriaal bymekaar te kry en behoort binnekort volstoom aan die werk te wees in die nuwe vennootskap met Ligstad.

    Alida Jooste – Maatskaplike Werker/Bestuurder Gemeenskapsorg

    Leave a Comment

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Scroll to Top
    Review Your Cart
    0
    Add Coupon Code
    Subtotal