Liewe Ligstadvriend

Ek luister verlede week na ‘n webinaar waar die spreker ons uitdaag om in die hier-en-nou te leef.  Haar vraag, “Wat is nou hier?”, het my diep laat dink.  Ons leef so ‘n groot deel van ons lewens op een van twee plekke (die verlede of die toekoms) en vergeet van die hede.  Sy noem dat wanneer ons in die verlede leef ons die lewe herwin en as ons in die toekoms leef ons oefen vir die toekoms.  Opsigself is nie een van die twee waarskynik sleg nie, maar dit keer ons om God se teenwoordigheid in die teenswoordige te beleef.  Want sien God se teenwoordigheid kan slegs deur ons beleef word wanneer ons by Hom in die teenwoordige tyd is.  Wat mis ons nie alles wanneer ons kies om op enige ander plek as die teenwoordige tyd te wees nie? Ja, ons moet beplan en ons kan leer uit die verlede. Maar ons begin en fokus moet altyd wees wat ons nóú hier voor ons het.  Ek weet hoe maklik dit is om op albei daardie plekke kamp op te slaan, want dit is waar ek vir ‘n lang tyd gemaklik was.  God het egter in Sy teenwoordigheid in die teenwoordige tyd vir my en jou planne wat hy graag vir ons wil wys.  Hy gaan ons selfs help om aan die planne gestalte te gee. Om dit te ervaar het ons nodig om ons tente wat in die verlede en die toekoms staan op te slaan en die hede saam met Hom te geniet. Neem saam met die Ligstadspan die uidaging op.  Ek weet ons gaan in verwondering staan oor wat ons alles kan vermag.

Ligstadgroete

Alida Jooste –Maatskaplike Werker/Gemeenskapsorgbestuurder & Redakteur

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top
Review Your Cart
0
Add Coupon Code
Subtotal