Hoogtepunte
- Die God Is Good (GIG) groep vir seniors se eerste byeenkoms vir 2025 het op 18 Januarie plaasgevind.
- Ons het op 21 Januarie 2025 ’n Inligtingsdag vir ons Protective Behaviour-program aangebied.
- Ons het ons Nasorg- en Voorskoolse kinders van 2025 op 13 Januarie terug verwelkom.
- Ons was in Januarie geseën met ‘n splinternuwe gr.R onderwyseres, me. Danielle Kennedy.
- In Februarie het ons ‘n splinternuwe maandelikse sosialiseringsgeleentheid begin waar die seniors van Ligstad se GIG-groep, sowel as hul Rosslee-vriende bymekaar kom om Bybelstudie en speletjies te geniet.
Het jy geweet?
- Ons bied veiligheid en kwaliteitsorg aan 59 leerders.
- Ons het ‘n groep vrywilligers wat gereed is om die gemeenskap gretig te dien.
- Die Universiteit van Johannesburg sowel as die Alberton Lions benut die Ligstad gebou tydens hul Brightsight-inisiatiewe.
- Ons bied ‘n lokaal vir weeklikse lofprysings- en aanbiddingsbyeenkomste by Ligstad, aangebied deur LOTS (Life On The Street) op Donderdag om 18:00, asook die Passion in Action Fellowship Dinsdagaande van 19:00 – 21:00.
- Ons bied ‘n tuiste vir maandelikse jeugbyeenkomste, waar minderbevoorregte jongmense bymekaarkom om te leer oor God en Sy liefde vir hulle.
- Ons GIG-groep het aan Tutela se Intergroepdag deelgeneem en ons baie trots gemaak met hul wonderlike resultate.
Hoe om te help – Ons behoeftes
- Ligstad funksioneer sonder staatsfinansiering. Ons maak staat op donasies van individue wat ons passie deel.
- Ons benodig vrywilligers om ons senior gemeenskapslede sowel as ons leerders by ons nasorg te bedien.
- Baie leerders is afhanklik van die ondersteuning van subsidies om Ligstad by te woon.
- Finansiële-en nie-bederfbare voedsel donasies help ons om ons begroting te strek.
LIGSTAD SE IMPAK
- Dertig leerders ontvang kwaliteit VKO-onderrig.
- Eensame seniors se sosiale behoeftes word pro-aktief bevredig.
- Ons vennootskappe maak voorsiening vir betrokkenheid in die breër gemeenskap.
- Sewe-en-twintig leerders ontvang sorg en toesig by ons nasorg wat bystand met hul opvoedkundige ontwikkeling insluit.
- Beradingsdienste word aan individue en hul gesinne verskaf.
Toekomstige gebeurtenisse…
- Passion in Action Street Shower 29 Maart 2025
- Skoolvakansie 29 Maart – 7 April 2025
- Kinder filmmiddag 4 April 2025
- Geleentheid vir minderbevoorregte kinders 5 April 2025
- Ouerleidiingwerkswinkel 12 April 2025
- GIG/Rosslee Pret Oggend 16 April 2025
- Naskool paasfees-uitreik 17 April 2025.
- Passion in Action Small Group Fellowship elke Dinsdag-aand 19:00-21:00 @ Ligstad. Almal is welkom.
Ligstad groete
