Ligstad Nuusblad – Maart 2025

Hoogtepunte
  • Die God Is Good (GIG) groep vir seniors se eerste byeenkoms vir 2025 het op 18 Januarie plaasgevind.
  • Ons het op 21 Januarie 2025 ’n Inligtingsdag vir ons Protective Behaviour-program aangebied.
  • Ons het ons Nasorg- en Voorskoolse kinders van 2025 op 13 Januarie terug verwelkom.
  • Ons was in Januarie geseën met ‘n splinternuwe gr.R onderwyseres, me. Danielle Kennedy.
  • In Februarie het ons ‘n splinternuwe maandelikse sosialiseringsgeleentheid begin waar die seniors van Ligstad se GIG-groep, sowel as hul Rosslee-vriende bymekaar kom om Bybelstudie en speletjies te geniet.
Het jy geweet?
  • Ons bied veiligheid en kwaliteitsorg aan 59 leerders.
  • Ons het ‘n groep vrywilligers wat gereed is om die gemeenskap gretig te dien.
  • Die Universiteit van Johannesburg sowel as die Alberton Lions benut die Ligstad gebou tydens hul Brightsight-inisiatiewe.
  • Ons bied ‘n lokaal vir weeklikse lofprysings- en aanbiddingsbyeenkomste by Ligstad, aangebied deur LOTS (Life On The Street) op Donderdag om 18:00, asook die Passion in Action Fellowship Dinsdagaande van 19:00 – 21:00.
  • Ons bied ‘n tuiste vir maandelikse jeugbyeenkomste, waar minderbevoorregte jongmense bymekaarkom om te leer oor God en Sy liefde vir hulle.
  • Ons GIG-groep het aan Tutela se Intergroepdag deelgeneem en ons baie trots gemaak met hul wonderlike resultate.
Hoe om te help – Ons behoeftes
  • Ligstad funksioneer sonder staatsfinansiering. Ons maak staat op donasies van individue wat ons passie deel.
  • Ons benodig vrywilligers om ons senior gemeenskapslede sowel as ons leerders by ons nasorg te bedien.
  • Baie leerders is afhanklik van die ondersteuning van subsidies om Ligstad by te woon.
  • Finansiële-en nie-bederfbare voedsel donasies help ons om ons begroting te strek.
LIGSTAD SE IMPAK
  • Dertig leerders ontvang kwaliteit VKO-onderrig.
  • Eensame seniors se sosiale behoeftes word pro-aktief bevredig.
  • Ons vennootskappe maak voorsiening vir betrokkenheid in die breër gemeenskap.
  • Sewe-en-twintig leerders ontvang sorg en toesig by ons nasorg wat bystand met hul opvoedkundige ontwikkeling insluit.
  • Beradingsdienste word aan individue en hul gesinne verskaf.
Toekomstige gebeurtenisse…
  • Passion in Action Street Shower 29 Maart 2025
  • Skoolvakansie 29 Maart – 7 April 2025
  • Kinder filmmiddag 4 April 2025
  • Geleentheid vir minderbevoorregte kinders 5 April 2025
  • Ouerleidiingwerkswinkel 12 April 2025
  • GIG/Rosslee Pret Oggend 16 April 2025
  • Naskool paasfees-uitreik 17 April 2025.
  • Passion in Action Small Group Fellowship elke Dinsdag-aand 19:00-21:00 @ Ligstad. Almal is welkom.

Ligstad groete

Scroll to Top