In ons tweedelaaste uitgawe van 2024 deel ons met julle die vreugde van ‘n gemeenskap wat saamwerk om ‘n verskil te maak en om hoop te bring. Ons vertel ook van ons kinders wat hard leer vir die laatse eksamen van die jaar. Dan bied ons ook aan elke leser die kans om opnuut te kyk na hul uitkyk op en ingesteldheid teenoor die feestyd. Dit is ‘n voorreg om die inligting te deel,maar dit is ook ‘n voorreg om vir jule te vertel van nuwe gesigte en nuwe posomskrywings. Ons het in Oktober vir Julia Yao aangestel as bemarker vir Ligstad. Sy is vuur en vlam om vir soveel mense moontlik te vertel wie en wat Ligstad is. Sy is nie ‘n vreemdeling vir Ligstad nie en eintllik al lankal deel van die Ligstad-familie. Sy is het voorheen gedien as ‘n vrywilliger en ken daarom elke afdeling van Ligstad goed. Sy het ‘n hart vir die gemeenskap en vir Ligstad. Daniel Viljoen het ook in Oktober ‘n nuwe posomskrywing ontvang met ‘n nuwe titel wat daarmee saamgaan. As hoof uitvoerende beampte van Ligstad neem hy ‘n klomp uitvoerende funksies van die skouers van ons direkteure af. Hy het homself in ‘n kort rukkie goed gevestig in sy nuwe rol en doen uitstekende werk. Welkom in julle nuwe hoedanighede, Julia en Daniel. Ons weet God het spesiale planne vir Ligstad en vir julle. Kom ontmoet hulle gerus as julle weer hier in ons omgewing beweeg.
Ligstadgroete
Alida Jooste – Maatskaplike Werker/Gemeenskapsorgbestuurder & Redakteur
