Liewe Ligstadvriend

Die oggende raak koeler en die skaduwees lyk skielik anders as wat dit verlede maand gelyk het. Ons raak bewus van iets anders in die lug.  Vir ons in Suid-Afrika is dit die kouer winterseisoen. Subtiel verander die pas waarteen ‘n mens beweeg. Ons begin anders beplan. Anders doen. Nie ooglopend anders nie, maar tog effe anders.  Ons kom dit amper nie agter nie.  Dit is asof ons ‘n ander ritme het. ‘n Ander ritme is waarskynlik ons liggame se manier om vir ons te dwing om te kyk wat is anders rondom ons. As dit binne individue gebeur, gebeur dit verseker ook baie subtiel in groepe van individue en defnitief in organisasies soos Ligstad.  Die Here is vir ons goed. Ons veranderinge is subtiel en maklik verteerbaar.  Dit lei tot verdere groei en ontwikkeling van ons geliefde Ligstad.  Ander organisasies in Gauteng is egter nie so gelukkig om net saam met subtiele veranderings te groei nie. Hulle groei word ru geblok.  Afhanklik van subsidies van die Departement Maatskaplike Dienste hier in Gauteng, is hulle in onsekerheid gedompel.  Geen diensverskaffingsooreenkomste vir die huidige finansiële jaar is al gekommunikeer met hulle nie en vele gevestigde organisasies kan nie meer personeel se salarisse betaal nie.  Baie moet deure sluit.  Baie mense wat afhanklik is van die dienste van die organisasies gaan nou geen toegang hê tot dienste nie. Laat ons bid vir die organisasies en vir hulle kliënte wat geraak word deur onoordeelkundige besluite met verrykende gevolge. Ligstad is dankbaar dat ons kan help en ondersteun waar daar tans wanhoop is.

Ligstadgroete

Alida Jooste –Maatskaplike Werker/Gemeenskapsorgbestuurder & Redakteur

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top
Review Your Cart
0
Add Coupon Code
Subtotal