| Hierdie maand se briefie is effe laat. Die jaar het heeltemal te vinnig begin en ek sukkel om by te hou. Maar ‘n besige jaar is ‘n teken dat ons baie geleenthede gaan kry om ‘n verskil te maak in die lewens van individue groepe en die gemeenskap. Ek sien uit daarna. Ons dink nuut oor dinge vanjaar hier by Ligstad en onderneem om julle in te lig in volgende uitgawes. Die realiteit is dat die een ding waarvan ons seker kan wees hier op aarde is verandering is. Ons het ‘n keuse om dit te ontvang of dit teen te staan. Soveel groei groei is moontlik as ons verandering verwelkomend ontvang. Ons kry nuwe perspektief op ou struikelblokke en ons sien nuwe geleenthede wat vir ons voorheen onsigbaar was. Wanneer sekere deure toe bly is dit moontlik om doelbewus ‘n tree terug te gee, ons omgewing te bespied en ander geleenthede raak te sien. Kom ons maak 2024 die jaar waarin ons bewus sal wees van baie plekke waar God reeds besig is om ons heen te lei. Ek bid dat God nie net ons hier by Ligstad se oë oop sal hou vir waarheen Hy ons lei nie, maar ook elkeen van ons Ligstad-vriende en vennote. Ons sien uit na waarheen ons gelei word en ek persoonlik kan nie wag om te sien wat God in en deur ons gaan doen nie. |
Alida Jooste – Maatskaplike Werker en Redakteur
